Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 2 MAART 2014

Goeie môre, U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat die SARL die heengaan van Dave Larsen, ZS6DN aankondig.

Baie reisigers tussen Pretoria en Johannesburg is gefasieneer deur die antennamaste op ‘n koppie langs die hoofweg na die OR Tambo Internasionale Lughawe. As jy afdraai op ‘n small plaaspad sien jy die teken "SALBU", die huis, kantoor en navorsingsstasie van Dave Larsen, ZS6DN. Tot onlangs Suid Afrika se lewende legende van radio. Sy sleutel het op 81 jarige ouderdom op 26 Februarie 2014 stil geraak.

Hy het sy lewe gewy aan die ontwikkeling van radio en Amateurradio tegnologie. Hy het ‘n vyf-band HF baken geinstalleer en onderhou as deel van die internasionale Amateurradio voortplantings navorsingsprogram. Die multiband HF baken is operasioneel vanaf SALBU en vervang die 14100 kHz baken waarna Dave sedert die ontstaan van die program baie jare gelede omgesien het. Die baken opereer op 14100, 18110, 21150, 24930 and 28200 kHz.

Gedurende die sewentigerjare het Dave en sy span die HF frekwensiehuppelstelsel ontwikkel. Hierdie konsep is eers deur die kenners van daardie tyd verwerp maar 15 jaar later in die gesaghebbende publikasie, Janes Defence Weekly word in die uitgawe van 11 Julie 1987berig: "Frequency hopping is probably the most popular spread spectrum technique. Claimed to have been pioneered in South Africa, it now appears in tactical equipment manufactured by most of the major international radio communication companies."

Vandag se Amateur Radio Today program sal ‘n in diepte ondersoek dra oor die bydrae wat Dave Larsen tot die ontwikkeling van amateurradio gemaak het en ‘n geskiedkundige klankinsetsel van Dave oor die ontwikkeling van ESB in Suid Afrika insluit. Dit word om 10:00 uitgesaai.

Ons dra ons innige meegevoel oor aan sy vrou, familie en vriende.

(Stilte)

IN VANDAG SE SARL-NUUS:
GAREC 2014 VIND SAAM MET 2014 HUNTSVILLE HAMFEST PLAAS
2014 SARL NASIONALE KONVENSIE
UITSLAG VAN DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF KOMPETISIE

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

GAREC 2014 VIND SAAM MET 2014 HUNTSVILLE HAMFEST PLAAS

Die 2014 Global Amateur Radio Emergency Conference sal hierdie jaar net voor Huntsville Hamfest, in Huntsville Alabama, gehou word. Die konferensie vind plaas op 14 en 15 Augustus by die Embassy Suites Hotel wat net langs die konvensielokaal by die Von Braun Convention Centre is. Die Hamfest volg die naweek van 16 en 17 Augustus. Beplanners van die 2014 Global Amateur Radio Emergency Conference berig dat alle noodkommunikasie belangstellende amateurs vanoor die wereld genooi word. Die konferensieagenda en webwerf met volledige inligting word tans ontwikkel.

LIGANUUS

2014 SARL NASIONALE KONVENSIE

Die Magalies Radio Amateur Club tree as gasheer vir die 2014 SARL Nasionale Konvensie in Pretoria van 11 - 13 April 2014 op. Dit word by die Furrow Lane Hotel and Convention Centre in Pretoria aangebied.

Besoek die SARL webwerf vir volledige besonderhede van die program en die besprekingsvorm. Indien jy slegs die AJV bywoon en nie al die ander bedrywighede nie moet jy steeds die registrasievorm voltooi om spyseniering en ander reelings te vergemaklik. Dit beloof om ‘n naweek van gesonde amateurradiogenot te wees met heelwat om die dames besig te hou.

Op Vrydag 11 April 2014 arriveer afgevaardigdes vanaf 13:00 en kan by die Hotel registreer en daarna die welige tuinomgewing geniet. Die formele geleentheid begin om 18:30 met die verwelkomiongsbraai by die lapa. Die gasspreker daar is Brian Frazer wat sal praat oor "Monitoring sunspot and solar activities by monitoring ultra low frequencies".

Op Saterdag 12 April begin registrasie vir die AJV om 07:30 met die vergadering wat om 009:00 ‘n aanvang neem.

Saterdag sal daar verskeie uitstallings te besigtig wees. Daar is ook interessante aanbiedings soos: Plan your off-site/off road power requirements, Two-way Radio for Dummies en ‘n praatjie deur die SABC Voetspore gasheer, Johan Badenhorst wat sy wedervaringe en kommunikasieuitdagings gedurende die Voetpore reis deur Afrika deel. Vir die dames is daar modevertonings, grimeer- en haardemonstasies.

Om 19:00 Saterdagaand is dit die Gala-dinee waartydens die jaarlikste toekennings gemaak sal word. Die gasspreker daar is Dr Kobus Botha wat sal praat oor intydse weerfotos en die stelsels betrokke. Die nuutste amateurradiotoerustings sal ten toon gestel word en dit is ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Die algemene publiek word ook uitgenooi. Bespreek nou by www.sarl.org.za en volg die skakel vanaf die tuisbladsy.

SLUIT BYDIE SARL YOUTH FACEBOOK PAGE AAN

Die SARL Raad het Michel Mynhardt, ZS6YH as jeugkoordineerder aangestel. Hy het reeds ‘n Facebookbladsy "SARL YOUTH" geskep. As jy ‘n jong amateur is, of belangstel om een te word, kan jy gerus op hierdie bladsy inskakel. Dit sal jou opp hoogte hou van jeugverwante amateurradiosake. Besoek ook www.hamradio.org.za.

Weet jy dat die SARL ‘n jeugkategorie vir al sy kompetisies het? Vind meer uit by www.hamradio.org.za


SARL LIDMAATSKAP

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is ontvang van die volgende persone:

Koos Verhoef, ZS1KV;
Stephen Wellington, ZR6SFW;
Martin Swanepoel, ZSL1090;
Dave Lloyd, ZS6ACC;
Andries Lategan, ZSL1091.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Die ledetal staan tans op 1698

KOMPETISIENUUS

UITSLAG VAN DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF KOMPETISIE

Al vyf bande, 50, 70, 144, 432 en 1296 MHz was in gebruik en word deur die 24 logstate wat van divisies 1, 2, 3, en 6 ontvang is bevestig. Dit het basis-, veld-, beperkte- en swerwende kategoriee ingesluit.

ALGEHELE ANALOOGWENNER
Algehele wenner: Terence van der Linden, ZS2VDL - 26 737 punte 1ste opvolger: Allan Bowles - 22 484 punte en 2de opvolger: Andre Potgieter, ZS2ZA - 5559 punte.

ALGEHELE DIGITALE WENNER
Algehele wenner: Andre Botes, ZS2ACP - 4320 punte
1ste opvolger: Dick Coates, ZS6BUN - 3150 punte
2de opvolger: Sian van Deventer, ZS3SVD - 1264 punte

BEPERKTE KATEGORIE
Algehele wenner: Alex Gogos, ZR2T - 16 618 punte
Opvolger: George Pearson, ZS2E - 1012 punte

SWERWER KATEGORIE
Algehele wenner: Mandy La Mude, ZS2AV/R - 2184 punte
Opvolger: Andrew GrayZS2G/R - 1404 punte

AFDELING ANALOOGWENNERS
Addeling 1
Basisstasiewenner: Chris Tippett, ZS1CEV - 1682 punte

Afdeling 2
Basisstasiewenner: Ken Victor, ZS2OC - 2232 punte
Veldstasiewenner: Terence van der Linden, ZS2VDL - 26737 punte

Afdeling 3
Basisstasiewenner: Sian van Deventer ZS3SVD - 1074 punte

Afdeling 6
Basisstasiewenner: Koos du Plessis, ZS6BFD - 3408 punte

WENNERS VAN LANGSTE AFSTAND BO 400 KM BEREIK

50 MHz Digitaal
Wenner: Andre Botes, ZS2ACP & Dick Coates, ZS6BUN - 882 km

144 MHz Analoog
Wenner: Sian van Deventer, ZS3SVD & Koos du Plessis, ZS6BFD - 427 km

Let asseblief op dat die volledige uitslae op die SARL BHF Forum en die PEARS Nuusbrief QSX gepubliseer sal word. PEARS dra graag hul dank oor aan almal wat deelgeneem het en help om BHF kompetisies lewendig te hou.

SARL HAMNET 40 M GESIMULEERDE NOODKOMPETISIE

Hierdie gewilde kompetisie vind plaas vanmiddag vanaf 12:00 tot 14:00 UTC. Dit is 'n foonkompetisie in die bandsegmente 7 063 - 7 100 kHz en 7 130 - 7 200 kHz. Deelname kan wees as 'n enkeloperateur stilstaande mobiel; 'n enkeloperateur draagbare, 'n Multi-operateur draagbare of 'n enkeloperateur basisstasie. Dit is oop vir alle radioamateurs in Suid- Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marioneiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie gebiede sal tel.

'n Seinverslag gevolg deur 'n driesyfer getal soos bepaal deur die kategorie van deelname word uitgeruil. Logs moet teen 10 Maart gestuur word aan Hamnet Oos-Kaap, Al Akers, ZS2U, Clarencestraat 53, Westering, Port Elizabeth, 6025 of per e- pos aan contest@peham.co.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak aktief gaan wees. Die son se oppervlak is gepeper met klein en middelmatige sonvlekke terwyl Sonvlek AR1990 die bron van X-klas fakkels kan wees.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 125.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar 6 m openinge vroeg aand te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

02 Maart - Hamnet 40 m Gesimuleerde Noodkompetisie12:00 tot 14:00 UTC.
10 Maart - Laaste dag vir instuur van logstate van Hamnet Gesimuleerde Noodkompetisie aan contest@peham.co.za.
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za
31 Maart - Sluitingsdatum vir indiening van voorstelle vir die Skole Satellietprojek aan SA AMSAT. Besoek www.amsatsa.org.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure is op www.sarl.org.za. beskikbaar vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003